Vosburg is ’n plek van stilte en helderheid.
Die son trek oor die oop vlaktes, die wind lig stof en geure op en neem dit weg na plekke wat jy nie altyd sien nie. Hier leer jy om te onthou wat werklik saak maak.
Die geur vang die land en die oomblikke daarin: die skerpheid van vars sitrus, die diepte van hout wat lank die son gesien het, en die sagte warmte van ’n oondgedroogde muskus wat op jou vel bly hang. Elke treë oor die land dra ’n herinnering — ’n balans van krag en tederheid.
VOSBURG is nie oor aandag vra nie.
Dis ’n atmosfeer wat bly, selfs nadat jy weer vertrek het.
Geurprofiel (Notes)
Top Notes
🍊 Bitter Orange
🍋 Bergamot
🍈 Grapefruit
Heart Notes
🌿 Vetiver
🌲 Cedarwood
🌸 Iris Root / Violet Leaf
Base Notes
🩸 Musk
🟤 Amber
🪵 Sandalwood
Karakter
Modern, minimalisties, maar diep
Vir dié wat stilte en teenwoordigheid waardeer
Droë elegantie ontmoet sagheid
Vir ’n mans en vroue reuk wat nie skree nie, maar bly...
R750,00
